4de Dinastie van Egipte

Skerwe van die Palermosteen, waarop vertel word van die aankoms van skepe tydens Snofroe se bewind (Petrie-museum, Londen).

Die 4de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie IV geskryf) was ’n "goue era" van die Ou Ryk. Dit het geduur van omstreeks 2613 tot 2494 v.C.[1] Dit was ’n tyd van vrede en vooruitgang, en handel met ander lande is gedokumenteer.

Die 3de, 5de en 6de Dinastie word gewoonlik saam met die 4de Dinastie die Ou Ryk genoem, ook bekend as die tyd van die piramides. Die hoofstad in dié tyd was Memphis.

  1. Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search